


Vraag: Julle het al baie werk in die TOSKAANSE en/of
PROVENÇAL style gedoen. Is dit nie nou uiteindelik besig om
uit die mode te raak nie?
Ferdi: Nie sommer
nie. Mens sien dit nog baie, veral in nuwe huise wat gebou word. Dit word helaas nie altyd goed gedoen nie - kyk maar 'n
bietjie rond. Maar hierdie style is nou al vir meer as honderd jaar internasionaal in gebruik, terwyl dit eers onlangs na
Suid-Afrika gekom het. Dit pas al ons plaaslike omgewings. Oorweeg ook hoe gaaf die naby-verwante Portugese styl in
Mosambiek gepas het. Nee, die style sal nooit weer uit die mode raak nie, maar ons plaaslike standaarde sal hopelik
verbeter. Mens moet in ag neem dat die plaashuise in Toskane landelik is; hulle staan op redelik uitgebreide gronde.
Stadshuise word daar heel anders gedoen. Dit is dus riskant om 'n Toskaanse villa op 'n klein erfie te bou, ingehok
tussen ander Toskaanse villas. Maar my span kan gewoonlik 'n styl red, wat nie die eerste keer reg uitgewerk het
nie.
Vraag: So wat is hierdie style, miskien eers 'n bietjie agtergrond?
Ferdi: Die verskil tussen die
Toskaanse en Provençal style is maar net, dis Italiaanse en Franse interpretasies van dieselfde beginsel.

Toskane is sowat een kwart vanaf die bo- dramaties, vrygewig, en betrokke by hulle eie
gemeenskap. In Toskane word 'n sekere bewustheid van klas gevind. Die rykes uit die streek was nooit ampsdraers van ver
af nie, maar plaaslike aristokrate. Op hulle plase het hulle geboer om weg te kom van die politiek van die tye, en om
terug te keer na die grond. Die Toskaanse platteland is goed ontwikkel, maar dit is in 'n harmonieuse, funksionele manier
gedoen. Digte woude is ook behou. Die groot huise is simmetries en strak, en dwing respek af. Alles is egter in uitmuntende
smaak gedoen. Die huise bevat skatte van kuns en wyn, alles versamel oor die loop van verkeie geslagte. Toskane is meer
voortvarend as Provence, met 'n goeie balans tussen die landelike karakter en vervaardigende industrieë. Provence is
meer diens-georiënteerd en die werkloosheid is hoog. Die bevolkingsgetalle in Provence is baie wisselvallig weens
toerisme - veral uit die noorde van Frankryk. Provence het 'n stil en delikate karakter. Dit is die middelpunt van die
parfuum industrie, waar hektare beplant is met laventel, jasmyn en ander aromatiese kruie. Dit is ook die tuisland van die
Sigeuners, wat hier bymekaarkom vir feeste. Provence het ook sy groot huise, maar meer vriendelik en verwelkomend as die
in Toskane. betroubaar sonnig is. Dit sluit in lande soos Spanje, Portugal,
Griekeland, Italië en die suide van Frankryk. Miskien is die style so gewild in Suid-Afrika omdat ons klimate tog
soortgelyk is. Ook omdat, terwyl dit nou wel Europese style is, die afwerking nie so presies hoef te wees nie - dit is heel
vergewend en ontspanne. Mens moet nooit hierdie style rigied benader nie. Hulle neem daar altyd hulle plaaslike omgewing
in ag. Die ligte klip waarvan baie huise in die streke gebou is, kom natuurlik daar voor. Die praktiese kleure van die
pleister word beïnvloed deur die palet van die landskap. Tipiese plante in hulle tuine aard goed in daardie klimaat.
Doen 'n bietjie huiswerk, en kry so veel voorbeelde van eg Toskaanse en Provençalse huise bymekaar as moontlik. Die
ideaal is natuurlik om die streke self te besoek. Maar daar is ook talle mooi boeke met foto's beskikbaar. Kyk uit vir
films wat daar afspeel: Bernardo Bertolucci se "1900" vir Toskane, of Marcel Pagnol se "Manon of the
Spring" reeks, vir Provence. Moet ook nie ons Galery bladsy vergeet nie, vir meer
foto's. · Kopiéreg © PULSE · Alle regte voorbehou ·
Vraag: Wat is dan die verskil tussen die twee
streke?
Ferdi: Wel, sedert die tyd van die Romeinse ryk is baie Italiaanse invloede na Provence toe uitgevoer, maar
geen Provençalse invloede het regtig in Italië posgevat nie. Die Provençalse landskap is meer
wisselvallig, chaoties en klipperig. Die grond is armer en die wind waai meer aanhoudend en intens. Die reën, as dit
kom, is ook meer geweldig. Die mense van die streek is beskeie, poëties en goedgeaard, veral as mens hulle vergelyk
met Parysenaars. Hulle is trots op die feit dat hulle landelik is. Die Italianers is natuurlik meer vurig,

Vraag: Hoe moet ons dit alles hier in Suid-Afrika toepas?
Ferdi: Hierdie style het ontwikkel oor
duisende jare, en deur baie kruisbestuiwing met ander kulture. Hoewel hulle dus goed gevestig is, het hulle unieke
karakter-elemente steeds ontwikkel deur nuwe invloede te integreer. Die Mediterrene is die enigste deel van Europa wat

· E-pos · Verweb deur ·
![]()
·
·
·
·
·
·
· ALGEMEEN
Tuisblad
English
Teks alleen
Vir aflaai
Die span
·
·
·
·
·
·
· DIENSTE
Studio
Interieur
Ontwerp
·
·
·
·
·
·
· ONDERHOUDE
Oor lewenstyl
Provençal /
Toskaanse styl
Romantiese styl
Galery bladsy
·
·
·
·
·
·
· KONTAK ONS
Besonderhede
Terugvoer-vorm ·
·
·
·
·
·
·