

Om 'n huis nuut mee te versier, is daar nog steeds geen beter hulpmiddel as
die beskeie blik verf nie. Die verf van binne en buitemure (asook ander vlakke) is gewoonlik die vinnigste, maklikste
en goedkoopste manier om 'n reuse veskil te maak, met relatief min insette.


Toe vorige Mej Suid-Afrika, Amy Kleinhans en haar man, Leighton Curd besluit het om hulle huis te herversier, was Ferdi deel van die span, en saam met mede versierder Leon Stander verantwoordelik vir beide die artistieke verftegnieke en binnehuis versiering. Hier in die woonkamer is die mure met 'n sagte koringkleur behandel, om 'n warm gloed mee te bring in die formele kamer. Die gordyne is ook gekies om by te dra tot die algemene gevoel van weelde wat so geskep is.



In die kombuis is bespaar deur die ou dennehout kaste te behou en eerder te spandeer op hoë kwaliteit kombuis-toestelle. Nadat die ou kaste afgeskuur en oorgeverf is, het Ferdi blom-motiewe en vlinders op die deure geskilder. Dit sluit aan by die botaniese afdrukke teen die mure, en gee die kombuis 'n natuurlike, buitenshuise voorkoms en gevoel. In die weelderige nuwe hoofslaapkamer het Ferdi 'n gevlegte druiwerank effek teen die muur geskilder. Volgens Amy: "Dit skep die indruk dat die kamer gemeubileer is, selfs al is dit ook leeg."
Alhoewel verftegnieke met groot effek
gebruik kan word in klassieke
kamers,
is dit ook heel toepaslik vir moderne interieurs. Hier, in die huis van argitek Tienie de Ridder, is 'n
skeimuur in 'n grys graniet-effek geverf, in die modernistiese styl. Volgens Tienie: "Die muur is spesiaal geverf om
die leiklip vloere te weerspieël en om die minimalistiese kenmerke van die area te verhoog." 'n Soortgelyke
tegniek is gebruik in die twee slaapkamers, om warmte en tekstuur te gee aan die eenvoudige, amper gestroopte ruimtes.
Die feit dat dieselfde verftegniek in die verskillende kamers gebruik is, bind ook die huis saam en skep 'n gevoel van
deurlopendheid.
Wat betref kunstige verftegnieke het PULSE letterlik dosyne tevrede kliënte, wat al voordeel
getrek het uit jarelange ervaring. PULSE het 'n besondere kundigheid in hierdie gespesialiseerde veld van binnehuis
versiering. Besoek gerus die Galery bladsy vir addisionele foto's.
· Kopiéreg © PULSE · Alle regte voorbehou ·
· E-pos · Verweb deur ·
| · · · · · · · |
ALGEMEEN Tuisblad English Teks alleen Vir aflaai Die span | · · · · · · · |
DIENSTE Studio Interieur Ontwerp | · · · · · · · |
ONDERHOUDE Oor lewenstyl Provençal / Toskaanse styl Romantiese styl Galery bladsy | · · · · · · · |
KONTAK ONS Besonderhede Terugvoer-vorm | · · · · · · · |