PULSE Creative Concept Decorators

 
Vraag: Jy het gesê daar is 'n ROMANTIESE styl wat bespreek moet word. Vertel ons net eers - hoeveel style is daar?

Ferdi: Eindelose style! Ek het gedink dit is gepas om die Romantiese styl te bespreek omdat dit so dikwels voorkom in Suid-Afrikaanse huise. Die feit dat dit tevore die styl van die wel-af middelklas was, en dat die Romantiese tydperk slegs 'n honderd jaar gelede ten einde geloop het, beteken dat daar nog baie Romantiese elemente in die rondte is, en dat dit seker nog vir 'n hele ruk met ons gaan wees. In die Romantiese tydperk het die Westerse beskawing hulself beskou as gemakliker, verdraagsamer, progressiewer en meer ontspanne as in die Barok-tipe eras wat dit voorafgegaan het. Dit was ook die hoogtepunt van kolonialisme en baie nuwe idees is ingevoer vanuit ver lande. Die gevolg was 'n groter

verskeidenheid in dekor. Die algemene gevoel was een van selfversekerde elitisme, voordat die twee wêreld-oorloë 'n siniese demper op die gemoed van Europa geplaas het. Die styl is daarom nog speels en lighartig. So: een rede vir die styl se sukses is dat dit redelik onlangs gebeur het, ons kan dit nog soortvan onthou. Die vakmanne van die era was nog trots op hulle werk, soos duidelik gesien kan word in die meubels en objekte wat in die tyd gemaak is. Die styl is dus ook selfversekerd en sterk, en nie slegs frillerig en vroulik nie (iets wat baie mense blykbaar glo).

Vraag: Hoe lyk 'n Romantiese huis? Watter elemente sou jy gebruik om die styl te skep?

Ferdi: Ek sal sagte beligting gebruik, pragtige materiale, diep stoele, groot kussings, draperings, poufs, verskeie klein tafeltjies, skerms, tossels, sy-gordyne, olieverf landskappe teen die mure in swaar vergulde rame, kristalvase met blomme, familiefoto's en baie memento's. 'n Formele Europese tuin met roosbome gaan natuurlik goed by 'n Romantiese huis, maar enige mooi tuin, ook inheems sal doen. 'n Groot voordeel van die Romantiese styl is dat baie huise in Suid-Afrika hulle nie juis tot enige ander styl leen nie, behalwe as jy bereid is om dit te sloop en oor te begin. In so 'n geval kan jy liewer die Romantikus in jou 'n kans gee.

· Kopiéreg © PULSE · Alle regte voorbehou · 
· E-pos · Verweb deur · 

  ·
·
·
·
·
·
·
  ALGEMEEN
Tuisblad
English
Teks alleen
Vir aflaai
Die span
  ·
·
·
·
·
·
·
   DIENSTE
Studio
Interieur
Ontwerp
  ·
·
·
·
·
·
·
  ONDERHOUDE
Oor lewenstyl
Provençal /
Toskaanse styl

Romantiese styl
Galery bladsy
  ·
·
·
·
·
·
·
   KONTAK ONS
Besonderhede
Terugvoer-vorm
 ·
·
·
·
·
·
·