

Mense wat hulle huis wil oordoen is
dikwels te gewoond aan die bestaande interieur, en sukkel
om nuwe, kreatiewe moontlikhede daarin te sien. Hulle het te lank reeds saamgeleef met die meubels en ander items, en
besef nie meer wat werklik om hulle is nie. Wat hulle nodig het is verbeelding en 'n oog vir herskepping - maar gewoonlik
kan hulle nog net probleme raaksien. Dit is waar PULSE se vars aanslag van groot waarde kan wees. Die kliënt kan
byvoorbeeld slegs 'n ou en verweerde sitkamerstel sien. 'n Eenvoudige sloop-oortreksel kan egter die stel in iets
heeltemal nuuts omskep, relatief goedkoop en maklik.
Wat nodig is vir oorspronklike en kreatiewe interieurs is
die moed om met die gebruiklike te breek en jou instink te volg. Huise behoort iets te sê van die mense wat daar
woon.
Hierdie afdeling vorm die kern van die dienste wat PULSE aanbied. In sommige gevalle wil kliënte
heeltemal van nuuts af begin. Hier kan PULSE raad gee oor alle aspekte van die interieur: aanskaf van nuwe
meubels, gordyne, matte, kussings, oortreksels en ander dekor items, asook die kleurskemas vir binne- en
buitemure.
Ferdi se talent vir ongewone kombinasies kan gesien word in hierdie treffende woonkamer, in die huis
van Pretoria argitek Tienie de Ridder. Tienie het die art deco stoele op Ferdi se advies aangekoop, nadat kennisse besluit
het om daarmee weg te maak. Die sagte kurwes en gerief dien as 'n perfekte kontras vir die amper strak minimalisme in die
res van die huis. Die muurbehangsel in die agtergrond is eenvoudig 'n gedig, wat gedruk is op 'n strook deursigige
materiaal. Die ongewone lengte trek die oog outomaties opwaarts en beklemtoon so die dubbel-volume ruimte in die kamer.
Die

lae, glas koffietafel op pootrollers laat mens toe om die koeivel- · Kopiéreg © PULSE · Alle regte voorbehou ·
Ferdi se liefde vir tuine het daartoe gelei dat sy
binnehuis diens uitgebrei is na landskap ontwerp. In Tienie se tuin is sterk, hoekige vorms van gras en gruis ingespan,
afgewissel met inheemse bome. Die byna klassieke geometrie van die leiklip swembad het hy daarna beklemtoon met vier
betonballe, gepak in 'n presiese vierkant (as mimiek) om die swembad.
Addisionele foto's kan gesien word op die Galery bladsy.
· E-pos · Verweb deur ·
![]()
·
·
·
·
·
·
· ALGEMEEN
Tuisblad
English
Teks alleen
Vir aflaai
Die span
·
·
·
·
·
·
· DIENSTE
Studio
Interieur
Ontwerp
·
·
·
·
·
·
· ONDERHOUDE
Oor lewenstyl
Provençal /
Toskaanse styl
Romantiese styl
Galery bladsy
·
·
·
·
·
·
· KONTAK ONS
Besonderhede
Terugvoer-vorm ·
·
·
·
·
·
·