PULSE Creative Concept Decorators

Corporate Identity Design

 
Wat enige openbare onderneming so gou moontlik moet oorweeg is 'n geskikte en unieke korporatiewe identiteit. Die Ontwerp afdeling van PULSE kan nuwe en bestaande besighede help om so 'n identiteit te skep. Die beste benadering is holisties, dus vanaf die besigheidsperseel se ontwerp tot by gedrukte skryfbehoeftes. PULSE kan kliënte ook na spesialiste in verwante velde verwys, soos argitektuur, blomversiering en landskap ontwerp. Deur saam te werk bereik ons dan regdeur 'n konsekwente boodskap.

Vir hierdie blommewinkel in 'n Pretoria winkelsentrum was PULSE betrokke by alle aspekte van die ontwerp, of deur dit self te doen, of deur raad te gee.

Corporate Identity Design

Die klein winkeltjie het uitgekyk op 'n opelug arkade, met stoele en tafels wat oorloop uit kafees op die deurgang, en met 'n rustige klank van talle fonteine. Om die beperkte ruimte aan te spreek, asook die aangename buitelug omgewing, is die winkel so lugtig en leeg as moontlik gemaak. Die skoon, eietydse ontwerp skep 'n gevoel van ruimte, terwyl in werklikheid slegs 'n paar vierkante meters beskikbaar was.

Die voorkoms is modern en tog romanties, om te pas by die slagspreuk van die winkel: blomme van die liefde. Die besigheidskaart wat PULSE ontwerp het voer hierdie tema verder: sagte papier met 'n tekstuur en met strepe in naaswit skakerings. Die teks is gedoen in 'n vloeiende, romantiese lettertipe, afgerond met 'n groot, skewe hart.

Corporate Identity Design

Om ruimte te spaar is veeldoelige kaste ontwerp, op wiele gemonteer. Die vele klein laaitjies het heelwat pakplek voorsien. Die tafelblaaie bo-op die kabinette het gedien as werkspasie en vir die uitstal van blomversierings. Op hulle wiele kon die kabinette maklik verskuif word soos nodig na enige plek in die winkel.

Bosse blomme is uitgestal in lang, smal metaal emmers, op doelgemaakte rakke teen die mure.

Breë stroke wit materiaal, waarop botaniese ontwerpe met die hand geskilder is, is van die plafon af gehang om die openbare en privaat ruimtes in die winkel te verdeel - en tog het dit nie afgedoen aan die oop gevoel van die ruimte nie.

· Kopiéreg © PULSE · Alle regte voorbehou · 
· E-pos · Verweb deur · 

  ·
·
·
·
·
·
·
  ALGEMEEN
Tuisblad
English
Teks alleen
Vir aflaai
Die span
  ·
·
·
·
·
·
·
   DIENSTE
Studio
Interieur
Ontwerp
  ·
·
·
·
·
·
·
  ONDERHOUDE
Oor lewenstyl
Provençal /
Toskaanse styl

Romantiese styl
Galery bladsy
  ·
·
·
·
·
·
·
   KONTAK ONS
Besonderhede
Terugvoer-vorm
 ·
·
·
·
·
·
·